Afrikaans in die Verenigde State van Amerika: Gebruik, uitdagings en moontlikhede
Afrikaans in the USA: Usage, challenges and possibilities
Abstract
Hierdie artikel vergelyk vreemdetaalverwerwing in Europa en die VSA en beskryf die Amerikaanse skool- en universiteitstelsel, met spesifieke verwysing na die uitdagings wat minder gedoseerde tale stel. Die fokus skuif dan na die onderrig van Afrikaans in die VSA die afgelope vier dekades en die redes vir die huidige onbestendige posisie van Afrikaans. Laastens word die toekoms van Afrikaans aangeroer. Die pad van ander vreemde tale dui op moontlike opsies vir Afrikaans om ’n meer beduidende rol as vreemde taal te speel.