Hoogtepunte van die SA Akademie gedurende die tydperk 2009–2025

Highlights of the SA Academy for the period 2009–2025

Authors

  • Linda Brink SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Keywords:

Afrikaanse taal, Hertzogpryswenner-huldigingsreeks, kunsversameling, ooptoegangtydskrifte, taalkommissie, VivA

Abstract

In hierdie bydrae word gefokus op die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in die tydperk ná die Akademie se eeufees in 2009. Die geskiedenis wat 2009 voorafgegaan het, is in verskeie bronne gedokumenteer, soos in Hertzog en Nienaber (1950), Moll (1984) en Kapp (2009).2 In die genoemde tydperk, naamlik 2009 tot 2025, het die Akademie se werksaamhede redelik konstant gebly en was die Akademie steeds getrou aan sy doelstellings, naamlik die ontwikkeling en bevordering van die wetenskap, die tegnologie en die literatuur in Afrikaans en die kunste, asook die bevordering van die gebruik en die gehalte van Afrikaans. ’n Oorsig word gegee oor aktuele sake en projekte waarmee die Akademie die afgelope 16 jaar deurlopend besig was, wat wissel van erkenning vir uitnemendheid, ontwikkeling van woordeboeke, die uitgee van twee vaktydskrifte wat die mens- en natuurwetenskappe onderskeidelik dek, sowel as ander publikasies, uitreiking na ander Akademies in die buiteland, die omarming van die digitale wêreld in al sy fasette, en vele meer.

Author Biography

Linda Brink, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns

Projekkoördineerder, SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, Pretoria, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-03-22

Issue

Section

Toelatingsartikels