“To make a shape in a tree”: Mondelinge beskrywings van tuine, tuinstyl en tuinmaak in die Batho-township, Bloemfontein

“To make a shape in a tree”: Oral testimonies about gardens, garden style and gardening in the Batho Township, Bloemfontein

Authors

  • Derek Du Bruyn Nasionale Museum

Keywords:

Batho, mondelinge geskiedenis, mondelinge beskrywings, tuiniers, tuine, tuinstyl, vormsnoeikuns, tuinmaak, tuingeskiedenis, tuinwoordeskat, misdaad, emosies

Abstract

In 1918 is Batho as ’n “modellokasie” gestig om Bloemfontein se ou Waaihoek-lokasie te vervang. Waaihoek se inwoners is geleidelik in Batho hervestig. Anders as die meerderheid lokasies in die Unie van Suid-Afrika, was Batho se standplase groot genoeg om voortuine te kon uitlê. Daarbenewens is ’n tuinkultuur en -kennis van Waaihoek na die Batho-tuiners van die een geslag na die volgende oorgedra. Dus is ’n verinheemsde Europese tuinstyl, gekenmerk deur formaliteit, ’n simmetriese uitleg, geometriese blombedddings en vormsnoeikuns (topiary), deur die Batho-tuiniers aangewend om hulle tuine te verfraai.

Sedert Batho se ontstaan het verskeie faktore die maak van tuine en die toepassing van tuinstyle beïnvloed, insluitende  klimaatsomstandighede, inisiatiewe om tuinmaak in Batho te bevorder, sosio-ekonomiese omstandighede sowel as misdaad en kriminaliteit. Mondelinge onderhoude wat met Batho-tuiniers gevoer is, het lig gewerp op die redes vir die tuiniers se voorkeur vir formaliteit en vormsnoeikuns; die bestaan van ’n diverse tuinwoordeskat onder Batho-tuiniers; die wyse waarop misdaad en kriminaliteit tuinstyl en vormsnoeikuns beïnvloed; die tuiniers se verhouding met hulle tuine; en waarom hulle ten spyte van uitdagings steeds tuingemaak het.

Die Batho-tuiniers se herinneringe en beskrywings (testimonies) is die belangrikste bron van inligting vir hierdie artikel; daarom word daar van direkte aanhalings gebruik gemaak om die tuiniers “namens hulself te laat praat”. Sleutelargumente word gevoer oor waarom die inwoners tuin gemaak het en die wyse waarop hulle dit gedoen het. Dit sluit onder andere die verskynsel van “generasie-tuinmaak” in waardeur tuinkennis en vaardighede, hulpmiddele soos tuin gereedskap, saad en plantsteggies en ’n tuinkultuur van geslag tot geslag oorgedra word.

Author Biography

Derek Du Bruyn, Nasionale Museum

Departement Geskiedenis, Nasionale Museum, Bloemfontein, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-09-29

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels