Terugblik op Brexit: Gevolge ná nege jaar

Reflection on Brexit: Repercussions after nine years

Authors

  • Riaan Eksteen Universiteit van die Vrystaat

Keywords:

arbeidersparty, Brexit, doeane-unie, Eerste Minister, ekonomiese konsekwensies, enkelmark, Europese Unie, Konserwatiewe Party, politieke impak, Verenigde Koninkryk

Abstract

Brexit veroorsaak ingrypende gevolge vir beide die Verenigde Koninkryk (VK) en die Europese Unie (EU) en dit het ná nege jaar nog steeds ’n beduidende uitwerking op ’n magdom gebiede het. Gevolglik het Brexit ’n hoogs ongunstige en polities nadelige kwessie geword. Die onttrekking uit die EU het geen noemenswaardige ekonomiese voordele meegebring nie. Geleidelik het oorblywende vertroue in die Britse politieke elite vervaag. In die algemene verkiesing van 2024 het die Konserwatiewe Party (Tories) reperkussies in die gesig gestaar. Nege jaar van onwrikbare konsentrasie op Brexit terwyl dringende sake afgeskeep is, is beëindig toe kiesers bewus geword het daarvan dat die land nie meer doeltreffend funksioneer en behoorlik regeer word nie. Lewensomstandighede het  afgeneem namate die regerende party hom skynbaar verlustig het in ’n oorvloed van skandale, onbehoorlikheid en korrupsie. Die Tories het hul mees betekenisvolle terugslag in enige verkiesing ooit beleef. Die prys wat vir Brexit betaal is en steeds betaal word, betrek elke aspek van staatsadministrasie. Landsburgers se lewenskwaliteit en die land se aansien het afgeneem en die algehele prentjie van wat Brexit veroorsaak het, is somber.

Author Biography

Riaan Eksteen, Universiteit van die Vrystaat

Navorsingsgenoot, Departement Politieke Studie en Regeerkunde, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-09-29

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels