Geslagsgebaseerde geweld en die visuele kunste: Geselekteerde kunswerke deur die Suid- Afrikaanse kunstenaar Andrea Walters

Gender-based violence and the visual arts: Selected artworks by the South Aafrican artist Andrea Walters

Authors

DOI:

https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.2849

Keywords:

#OverMyDeadBody (2022), Abject of Desire (2013), Andrea Walters, geslagsgebaseerde geweld (GGG) in Suid-Afrika, implisiete kennis, Jacques Rancière, semi-gestruktureede onderhoud, verspreiding van die aanvoelbare, visuele response, Vrou Vertaal (2012)

Abstract

Geslagsgebaseerde geweld (GGG) is ’n kwessie van besondere erns in die Suid-Afrikaanse konteks (en natuurlik wêreldwyd), met 10 154 vroue wat tussen Julie en September 2025 verkrag is en 1 827 vroue wat in hierdie selfde tydperk seksueel aangerand is (Suid-Afrikaanse Polisiediens [SAPD], 2025:8). GGG verwys na enige vorm van geweld wat ’n persoon affekteer weens hulle biologiese geslag of gekose gender (Djamba & Kimuna, 2015:xi). Gegewe die impak van GGG is dit belangrik om response daarteen van nader te beskou. In hierdie artikel word drie kunswerke vanuit die Suid-Afrikaanse kunstenaar, Andrea Walters, se oeuvre beskou as response wat bydra tot die groter diskoers rondom GGG, by name Vrou:Vertaal (2012), Abject of Desire (2013) en #OverMyDeadBody (2022). Die kunswerke word bespreek aan die hand van Jacques Rancière se teoretisering rakende die verspreiding van die aanvoelbare (Engels: distribution of the sensible; Frans: le partage du sensible) en verwante konsepte, soos die polisie/polisie-orde (Engels: police/police order; Frans: la police/l’ordre policier) en politiek (Engels: politics; Frans: la politique). Die verspreiding van die aanvoelbare kan beskryf word as die bepaalde grense in ’n samelewing wat beperkings plaas op wie as hoorbaar en/of sigbaar beskou word (Rockhill, 2004:85). Die bespreking word verder aangevul deur die inligting wat bekom is vanaf ’n semigestruktureerde onderhoud wat met Walters gevoer is. Die artikel voer aan dat die drie gekose kunswerke bewustheid rakende die erns van GGG bevorder en dat dit slagoff ers en/of oorlewendes van GGG se hoorbaarheid en/of sigbaarheid opnuut na vore bring. Verder word ook bevind dat die kunswerke dien as simboliese voorstellings van Walters se eie ervarings as ’n oorlewende van intiemelewensmaatgeweld en datdit in dié sin ook kan dien as middele tot genesing vir Walters en, by implikasie, vroue wat hulleself in soortgelyke situasies bevind.

Author Biographies

Stephanie Keyter, Noordwes-Universiteit

Vakgroep Kunsgeskiedenis, Skool vir Kommunikasiestudies, ViAMUS (Navorsing en Skeppende Uitsette in die Visuele Kunste en Musiek), Noordwes-Universiteit, Noordwes Provinsie, Suid-Afrika

Louisemarie Combrink, Noordwes-Universiteit

Skool vir Kommunikasiestudies, ViAMUS (Navorsing en Skeppende Uitsette in die Visuele Kunste en Musiek), Noordwes-Universiteit, Noordwes Provinsie, Suid-Afrika

Downloads

Published

2026-06-27

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels