Kaaps en Nathan Trantraal se vertaalhabitus in Lang pad onnetoe

Kaaps and Nathan Trantraal’s translation habitus in Lang pad onnetoe

Authors

DOI:

https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.2858

Keywords:

Nathan Trantraal, vertaling, Kaaps, polisisteemteorie, sigbaarheid van die vertaler, domestikering, vervreemding, vertaalhabitus

Abstract

In hierdie artikel word ondersoek ingestel na die vertaling van Long way down deur Jason Reynolds as Lang pad onnetoe deur Nathan Trantraal. Die vertaling is besonder goed ontvang en die UJ-prys vir Vertaling van Jeugtekste is in 2021 daarvoor aan Trantraal toegeken. Aangesien die sukses van die vertaling onder meer toegeskryf word aan die gebruik van Kaaps, word die geskrewe tradisie van Kaaps nie, maar ook die heterogene aard daarvan bekyk. Vertaalteoreties word polisisteemteorie betrek en aandag word ook gegee aan aspekte soos die (on)sigbaarheid van die vertaler en die vertaalstrategieë bekend as domestikering en vervreemding. Die konsep vertaalhabitus word ondersoek en op Nathan Trantraal van toepassing gemaak. Vervolgens word uittreksels uit die bron- en doelteks met mekaar vergelyk. Daar word aangetoon dat Lang pad onnetoe vanuit polisistemiese benadering uniek is aangesien ’n gevestigde vertaaltradisie in Kaaps nie bestaan nie en daar min literêre tekste in Kaaps is. Na verwagting sou die vertaling ’n randposisie in Kaaps inneem. Die vertaler skep – in teenstelling met die voorspelling dat die vertaling grootliks die brontaal en -kultuur sal weerspieël – ’n vertaling wat aan die kulturele norme van die teikenstelsel voldoen. Die vertaler is sigbaar, maar terselfdertyd word deurlopend van ’n domestikerende vertaalstrategie gebruik gemaak. Domestikerende vertalings wil gewoonlik die indruk skep dat die vertaling ’n oorspronklike teks is. In Lang pad onnetoe is dit nie die geval nie en die rede is tweeledig: Nathan Trantraal se vertaalhabitus en die gebruik van Kaaps.

Author Biography

Marné Pienaar, Universiteit van Johannesburg

Departement Tale, Kultuurstudie en Toegepaste Linguistiek, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika

Downloads

Published

2026-03-31

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels