Wetenskap en etiek: Perspektiewe op waarde- en morele oorwegings in hedendaagse wetenskapsbeoefening

Science and ethics: Perspectives on value and moral considerations in contemporary practice of science

Authors

Keywords:

moraliteit, etiek, kennis, wetenskap, waardes, lokale moraliteite, hiper-outeurskap, hoofondersoeker, universaliteit

Abstract

Hierdie artikel handel oor die rol van waarde-oorwegings in wetenskapsbeoefening. Dit behels ’n verdere ontwikkeling van die grootliks gevestigde problematisering van die waardedichotomie van kennis (wetenskap). Hierdie dichotomie, wat herlei kan word na Francis Bacon (16de eeu) en voorts aanmerklike stukrag verwerf het in die denke van Immanuel Kant (18de eeu), is eers na behore bevraagteken in die loop van die twintigste eeu, veral as gevolg van die werk van die post-empiristiese insigte van denkers soos Karl Popper, Thomas Kuhn, Imre Lakatos, Stephen Toulmin en Paul Feyerabend. Die skrywer analiseer waarde-oriëntasie in wetenskapsbeoefening wat voortspruit uit die erkenning van die spanningskeppende faktore in die praktyk van wetenskapsbeoefening – faktore soos verlies aan vertroue, gesagserkenning of -ontkenning, professionele aspirasies, ambisie, en dergelike meer.

Die kernbegrippe waaroor die artikel handel (wetenskap, waardes, moraliteit en etiek) word indringend geanaliseer. ’n Aantal gevallestudies wat wys op die verweefdheid van waardes en kennisverwerwing word uitvoerig aan die orde gestel. Hieronder tel die Eddingtoneksperiment vir die toetsing van die Algemene Relatiwiteitsteorie in 1919, sowel as (in die negentigerjare van die vorige eeu) die dispuut oor die wenslikheid van drasties verkorte protokolle van antiretrovirale middels vir swanger vroue wat MIV-positief toets in arm lande soos in Afrika. Die outeur sluit af deur die konsep van “lokale moraliteite” te verduidelik en te kritiseer, veral vir soverre laasgenoemde konsep die strewe na die universele geldigheid van etiese teorieë (sterk gepropageer deur Peter Singer) in die gedrang bring.

Author Biography

Anton Van Niekerk, Universiteit Stellenbosch

Departement Filosofie, Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-09-29

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels