’n Raamwerk vir vreemdetaalverwerwing in ’n laetegnologie-omgewing

A framework for language acquisition within a low-tech environment

Authors

Keywords:

volwasse studente, vreemdetaalaanleer, vreemdetaalverwerwing, laetegnologie-omgewing, aanlyn assessering, aanlyn leer en onderrig, model vir die onderrig van taalverwerwing, Afrikaanse taal, kursusontwerp, Suider-Afrika, taalvaardighede

Abstract

Die Covid-19-pandemie het opvoeders gedwing om hul onderrigmodus byna oornag aan te pas vir ’n (gemengde leer) virtuele klaskamer. Nie net is almal gedwing om aanlyn klas te gee nie, maar opvoeders moes in terme van onderrig besin oor onder meer die aard van assesserings, maniere om studentebetrokkenheid te bewerkstellig, die hoeveelheid en watter soort inhoud aanlyn geplaas moes word, ensovoorts. Ná die pandemie het gemengde leer nuwe momentum verkry en kunsmatige intelligensie het al meer prominent geraak wat die besinning oor wat en hoe en aan wie onderrig word, steeds geldig maak. Die fokus van hierdie artikel is die daarstelling van ’n onderrigmodel vir volwasse studente in spesifi ek ’n laetegnologie-omgewing met die uitkoms gerig op taalverwerwing. Die model is primêr gebaseer op ’n uitgebreide literatuurstudie, die terugvoer van studente (behoefte en ervaring) in ’ 'n Afrikaanse vreemdetaalkursus teen die algemene/ breë agtergrond van die ondersoekers se ervaring as dosente in beide aanlyn as gemengdeleerkursusse.

Die voorgestelde model bestaan uit drie kernkomponente: taalverwerwing (wat), die volwassene as student (wie) en die modus van aanbieding (hoe). Die resultate van die ondersoek het uitgeloop op die daarstelling van riglyne vir elke aspek van die onderrigmodel wat betref ’n verwante uitkoms, vir studente met ’n vergelykbare profi el in ’n vergelykbare laetegnologieomgewing.

Author Biographies

Alison Gretchen Stander, Universiteit van die Vrystaat

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Angelique Van Niekerk, Universiteit van die Vrystaat

Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-06-30

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels