Die stand van Nederlands: ’n Oorsig van tendense in Nederlandssprekende gebiede
State of Dutch: An overview of tendencies in Dutch-speaking regions
Keywords:
Nederlands, vitaliteit van ʼn taal, stand van Nederland, Vlaandere, Suriname, sosiale domein, godsdiensdomein, werksplek, media en kultuurAbstract
Die artikel fokus eerstens op faktore wat die vitaliteit van ’n taal bepaal soos uiteengesit in ’n 2003 UNESCO-verslag. Daar is gekyk na die vitaliteit van Nederlands in die lande en streke waar Nederlands vandag gepraat word. Die taalgeskiedenis en talesituasie in Nederland, Vlaandere en Suriname word kortliks onder die loep geneem. Verdere besprekings word gebaseer op die Staat van het Nederlands-opnames wat in 2016, 2018 en 2020 gedoen is onder respondentpanele van Nederland, Vlaandere, Brussel en Suriname. Daar word ook aandag gegee aan die situasie van Fries in Friesland. Verskillende samelewingsdomeine soos kommunikasie met familie en vriende, algemene sosiale verkeer, die werksplek, kommunikasie binne godsdienstige kontekste, die media (sosiale media ingesluit), die kulturele domein, asook houdings teenoor Nederlands word bespreek. Bykomende inligting uit ander bronne is bygewerk. Ten slotte word besin oor implikasies van die resultate vir Afrikaans vandag.