Pentekostalistiese hermeneutiese modelle en die uitdagings wat teodisee stel

Pentecostal hermeneutical models and the challenges posed by theodicy

Authors

  • Marius Nel Noordwes-Universiteit

Keywords:

Teodisee, hermeneutiek, Pentekostalisme, regverdigheid van God, almag van God, God as liefde, lyding van onskuldiges, bose, wortels van boosheid, ervaringsmatig

Abstract

Teodisee verwys na die uitdaging wat moeilike omstandighede en lyding aan mense stel wat kies om te glo in ’n God wat regverdig, almagtig, liefdevol en goed is. Hoe kan geloof in die bestaan van God, wat by magte is om enigiets te doen en lief is vir mense, versoen word met boosheid wat veroorsaak dat mense ly? Die artikel ondersoek die dilemma wat teodisee spesifi ek aan Pentekostaliste stel. Die meeste glo die Bybel leer dat God gelowiges uit lyding red en hulle gesond en voorspoedig maak. Hoe reageer hulle op lyding? Die artikel bied dan ’n alternatief, gebaseer op die ontwerp van ’n hermeneutiek wat aansluit by hoe vroeë Pentekostaliste die Bybel gelees het. Dit beskou die essensie van God as ’n misterie wat buite mense se verwysingsraamwerk val en stel gelowiges in staat om sin te maak van lyding, onder andere deur op ander lydendes te konsentreer eerder as om slegs op hul eie omstandighede te konsentreer. Die artikel benut ’n vergelykende literatuurstudie vir die navorsing.

Author Biography

Marius Nel, Noordwes-Universiteit

Navorsingsgenoot, Eenheid vir Reformatoriese Studies en die Ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse Samelewing, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-06-30

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels