Redes vir ’n moontlike Chinese inval in Taiwan teen 2030: ’n Strategiese raamwerk vanuit ’n Chinees-nasionalistiese perspektief

Reasons for a possible Chinese invasion of Taiwan by 2030: A strategic framework from a Chinese nationalist perspective

Authors

Keywords:

China-Taiwan-konflik, unifikasie, Xi Jinping, demokrasie, totalitarisme, geostrategiese doelwitte

Abstract

China se President, Xi Jinping, se strategie om Taiwan teen so gou as 2030 te annekseer, is ’n besliste moontlikheid omdat toestande vir ’n vreedsame vereniging al hoe skraler is. Hierdie stelling word gemaak op grond van die feit dat China se ambisieuse en  geostrategiese doelwitte deur middel van ekspansionistiese gedrag teen Taiwan aangedryf word. Die gedrag berus op drie fondamente. Die eerste is President Xi se totalitêre leierskapstyl wat maguitoefening as ’n aanvaarbare middel beskou om Taiwan binne te val. Die tweede is die modernisering van die Chinese weermag wat as versterkende fondament dien om die eiland aan te val. Die derde is ’n verandering in die demografiese samestelling van die Chinese gemeenskap en president Xi se lewensverwagting. Die drie fondamente verskaf ’n strategiese voorbode: indien president Xi voortgaan om anneksasie na te streef, sal die weermag stappe doen om hierdie ambisie teen 2030 te verwesenlik. In hierdie artikel word die moontlike inval in Taiwan ook beskou teen die agtergrond van China se verouderende bevolking en Xi se nalatenskap. Die artikel bied eerstens ’n oorsig oor die verskynsel, beskryf vervolgens die fondamente wat bydra tot Xi se strategiese geleentheidsvenster en sluit af met die geopolitieke gevolge vir die streek en internasionale sekuriteit.

Author Biography

Fanie Herman, Universiteit van die Vrystaat

Navorsingsgenoot, Departement Politieke Studie en Regeerkunde, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-12-03

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels