’n Nuwe hoofstuk: Groete van die hoofredakteur
Abstract
“Heil die leser”, wil ek sê, want die Tydskrif vir Geesteswetenskappe bestaan onder andere by grasie van sy uitgebreide lesertal. Maar ek groet natuurlik ook die baie skrywers wat geduldig gewag het vir hierdie uitgawe om te verskyn. Die Maart-uitgawe, 65(1), het werklik al die aandag en samewerking van die twee gasredakteurs geëis. Prof. Ina Wolfaardt-Gräbe het met haar gewone noukeurige blik belangrike kwaliteitskontrole vir dié besondere uitgawe uitgeoefen. Ek bedank haar dus van harte. Ek is voorts baie bly om te meld dat sy ingestem het om as redaksielid van die tydskrif aan te bly.