Groetwoord: Terugblik op ’n dekades lange betrokkenheid by die Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Authors

  • Ina Wolfaardt-Gräbe

Abstract

Terugskouend op my termyn as redakteur van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW) besef ek dat die werk aan TGW-sake beslis veeleisend, maar tegelykertyd bevredigend was – veeleisend in die sin dat namate die tydskrif gegroei het, dit al hoe meer van my tyd in beslag geneem het, maar bevredigend omdat hierdie voortdurende betrokkenheid by ’n vakwetenskaplike tydskrif verrassend bevredigende resultate opgelewer het en dít ten spyte van ’n toenemend Afrikaansonvriendelike navorsingsomgewing. Trouens, een van die grootste struikelblokke waarvoor die redakteur van ’n Afrikaanstalige vaktydskrif te staan kom, is die volgehoue druk op Afrikaans as onderrig- en wetenskapstaal sedert 1994.

Downloads

Published

2025-06-30

Issue

Section

Uit die Redakteurskantoor