Die post-2024-verkiesingsomgewing – ’n politieke omgewingsverkenning en strategiese perspektief
The post-2024 election environment – a political environmental and strategic perspective
DOI:
https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.3261Keywords:
Suid-Afrika, 2024- nasionale en provinsiale verkiesings, demokrasie, koalisiepolitiek, ’n veranderende politieke omgewing, Regering van Nasionale EenheidAbstract
Tydens 2024 het talle verkiesings wêreldwyd in talle toonaangewende state plaasgevind, inbegrepe die VSA, Indië, Rusland, Maleisië, Verenigde Koninkryk en talle Afrikastate, waaronder Suid-Afrika. Ongeag voorspellings tot die teendeel het die 2024-verkiesing as ’n reuseskok vir die ANC-regering gekom – toe reeds 30 jaar aan bewind met meerderhede in alle provinsies met die uitsondering van die Wes-Kaap. Met net 40,13%-steun op nasionale vlak was dit duidelik dat ’n nuwe fase in die Suid-Afrikaanse politiek betree word. Die sentrale doelstelling van hierdie navorsing is om ’n politieke omgewingsverkenning te doen van strategiese faktore, in die besonder die impak van die 2024-verkiesingsuitslag op die huidige bestel in Suid-Afrika, en om dit af te sluit met enkele toekomsgerigte perspektiewe. Die studie is kwalitatief van aard, maak gebruik van konteksanalise en interpretasie (op grond van ’n breë analitiese raamwerk), met as brandpunt die aanloop tot, en die verloop en afl oop van die verkiesing en die implikasies daarvan vir die huidige politieke bestel in Suid-Afrika.