Suid-Afrika se sewende demokratiese administrasie (2024-2029) – ’n politieke omgewingsverkenning, tendensbepalings en toekomsgerigte perspektiewe
South Africa’s seventh democratic administration (2024–2029) – a political environmental survey and future perspectives
DOI:
https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.3323Keywords:
2024-verkiesing, koalisiepolitiek, Regering van Nasionale Eenheid (RNE), politieke verandering, veranderlikes, politieke (on)stabiliteit, demokratiese konsolidasieAbstract
Die nasionale en provinsiale verkiesing van 2024 het as verrassende uitkoms gehad dat die ANC se steun dramaties gedaal het (met meer as sewentien persentasiepunte) en dat ’n Regering van Nasionale Eenheid (RNE) tot stand gekom het waaraan tien partye deelgeneem het. Dit was gou duidelik dat hierdie regering voor groot uitdagings te staan sou kom, intern binne die konteks van die RNE asook nasionaal (die huidige staatkundige bedeling), maar ook internasionaal binne ’n veranderende internasionale politieke omgewing. Dit laat die sewende demokratiese administrasie (sedert 1994) met reuse uitdagings en ook groot onsekerheid. Die doel van hierdie navorsing is ’n politieke omgewingsverkenning van kernveranderlikes wat oor die volgende vyf jaar, met of sonder die RNE, die toekoms gaan rig en bepaal. Uitgaande van ’n analities/metodologiese raamwerk sal daar op veranderlikes soos die politiesstaatkundige; ’n veranderende politieke spektrum; die politieke ekonomie; maatskaplike uitdagings, en ’n veranderende internasionale omgewing gekonsentreer word. Tendensbepaling (handhawing of verandering) met scenario-gerigte gevolgtrekkings en evaluerings sal ten slotte gedoen word.