Ter inleiding en bekendstelling

Authors

  • Ina Wolfaardt-Gräbe

Abstract

Ronél Johl onthul in ’n drietal artikels in hierdie afdeling allerlei wetenswaardighede oor en rondom biografie in die algemeen en literêre biografie in die besonder. Wat aanvanklik bedoel was as ’n enkelartikel na aanleiding van ’n kritiese bevraagtekening van JC Steyn se biografie van NP van Wyk Louw tydens ’n bekendstelling van die temanommer oor VWL in Junie 2020, het inmiddels geblyk ’n veel omvattender en grotendeels onontginde navorsingsterrein in ten minste die Afrikaanse letterkunde ter plaatse te wees.

Downloads

Published

2025-09-29

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels