Oor biografie en kontroversie: Vooraf

On biography and controversy: Preface

Authors

  • Ronél Johl Universiteit van Johannesburg

Abstract

Die idee vir ’n artikel oor die stand van die kritiek oor en rondom die biografie – meer spesifiek literêre biografieë in Afrikaans –  het ruim vyf jaar gelede ontstaan na aanleiding van ’n klein relletjie rondom ’n studie oor JC Steyn se 1998-biografie van NP van Wyk Louw1 wat grotendeels agter die skerms afgespeel het. Meningsverskil het ontstaan na aanleiding van negatiewe uitsprake wat met ’n beroep op wetenskaplike teorieë in die studie gemaak is en Steyn se reg om daarop repliek te lewer in twee Louw-feesuitgawes waarby ek betrokke was. In ’n aanlyn gesprek gedurende grendeltyd in 2020 met die bekendstelling van een van die betrokke publikasies2 het ek by nabetragting tog ’n opmerking gemaak oor die oor-die-algemeen gebrekkige begronding van die diskoers oor die biografie, ’n toedrag van sake wat gereeld opgehaal word in publikasies wat die situasie probeer “regstel”. Ek het ook “wat te sê gehad” oor die behoefte aan ’n toegewyde, gedissiplineerde bemoeienis met biografieë in Afrikaansdepartemente. Een van my gespreksgenote3 tydens die bekendstelling, wat noue Nederlandse bande gehad het en deeglik ingelig was, was gou om my te wys op die werk oor die biografie wat lank reeds aan bepaalde Nederlandse instellings onderneem word.

Author Biography

Ronél Johl, Universiteit van Johannesburg

Emeritus professor, Skool vir Tale, Universiteit van Johannesburg, Suid-Afrika

Downloads

Published

2025-09-29

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels