Biografie in konteks – wat kontroversies ons kan leer: 2) Philip Roth en sy biograwe
Biography in context – what we may learn from controversies: 2) Philip Roth and his biographers
Keywords:
waarheid in biografie, objektiwiteit in biografie, feitelikheid in biografie, gevallestudie, gemagtigde biografie, ongemagtigde biografie, akademiese biografie, die argiefAbstract
In die eerste van drie gevallestudies oor die literêre biografie in konteks het ek gekyk na die wyse waarop die konteks waarbinne Leon de Kock se André P Brink en die spel van liefde ontstaan het en gepubliseer is en die daarmee verbandhoudende omstredenheid kon bygedra het tot die destabilisering van die teks in die sosiale verbeelding en die gevolglike twyfel oor die wetenskaplike integriteit van die biografie waarop sommige kritici aanspraak maak. In die huidige stuk val die fokus meer spesifiek op die destabilisering van elemente wat dikwels as “voorvereistes” vir ’n wetenskaplike biografie voorgehou word: “feitelikheid”, “objektiwiteit” en “waarheid”. Die eerste twee formele biografieë oor die Amerikaanse skrywer Philip Roth, wat twee jaar ná die biografie van Brink verskyn het en eweneens in ’n kontroversie betrek is, word as gevallestudies gebruik met die oog op die moontlike veralgemening van gevolgtrekkings.