Tom McLachlan – taaladviseur by uitstek
Abstract
Die Akademieraad betuig graag hiermee dank en erkentlikheid teenoor mnr. Tom McLachlan vir sy uitnemende bydrae as taaladviseur van die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW) die afgelope jare. Soos blyk uit die groetwoord van die vorige redakteur, Ina Wolfaardt-Gräbe in die Junienommer het sy deurlopende taaladvies beslissend bygedra tot die opgang van die TGW as ’n gesogte en geresp ekteerde afsetpunt vir navorsing in Afrikaans, waardeur ’n kernuitgangspunt van die TGW verwesenlik kon word, naamlik dat gesofistikeerde navorsing professionele taalver sorging regverdig. Vir die Akademieraad is dit belangrik dat daardeur terselfdertyd gestand gedoen is aan een van die hoofdoelwitte van die Akademie, naamlik die uitbouing van Afrikaans as wetenskapstaal, oftewel die handhawing van Afrikaans in een van sy hoëvlakfunksies.