Die integrasie van film in Afrikaansonderrig: Praktyke van intermediêrefaseonderwysers

The integration of film in Afrikaans education: Practices of Intermediate Phase teachers

Authors

DOI:

https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.4010

Keywords:

film, intermediêre fase, Afrikaansklaskamer, kurrikulum, onderrigmateriaal

Abstract

Hierdie artikel lewer verslag van navorsing oor die huidige gebruik van film in die Afrikaansklaskamer van die intermediêre fase (Graad 4–6). Die navorsing fokus op die ervarings van onderwysers en hoe – indien enigsins – hulle film in hulle onderrig integreer. Die bevindings toon dat film groot potensiaal het om leerders meer betrokke te maak en taalvaardighede te verbeter, maar dat implementering beperk word deur faktore soos tegnologiese probleme, tydsbeperkings, die persepsie dat film nie ’n gesaghebbende onderrigmiddel is nie, en die hoë taalvlak van sekere films. Sommige onderwysers sien film as ’n waardevolle hulpmiddel wat komplekse konsepte visueel oordra en wat veral nuttig is vir visueel ingestelde leerders. Ander vermy dit weens genoemde uitdagings of die siening dat dit nie as gesaghebbende onderrigtekste gebruik kan word nie.

Die bevindings toon verder ook dat film hoofsaaklik gebruik word as aanvullende aktiwiteit om leesbegrip te versterk en letterkunde te ondersteun. Onderwysers meld egter verskeie struikelblokke, soos beperkte toegang tot toepaslike films, beperkte tyd en ’n gebrek aan riglyne in die kurrikulum.

Benewens hierdie uitdagings word positiewe uitkomste ook geïdentifiseer: film stimuleer entoesiasme vir Afrikaans, bevorder kritiese denke en bied geleenthede vir die ontwikkeling van visuele en kulturele geletterdheid. Die artikel beveel aan dat onderwysers, ten opsigte van die integrasie van film in Afrikaansonderrig in die intermediêre fase, professionele ontwikkeling ontvang, en dat kurrikulumontwerpers duideliker riglyne verskaf.

Die studie beklemtoon die behoefte aan beter ondersteuning en opleiding om film effektief in die Afrikaanse kurrikulum te integreer. Daar word voorgestel dat film ’n kragtige hulpmiddel kan wees om leerderbetrokkenheid en begrip te bevorder.

Author Biographies

Florence Coertzen, Noordwes-Universiteit

Skool vir Taalonderwys, Vakgroep Afrikaans vir Onderwys, Fakulteit Opvoedkunde,Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Elma Marais, Noordwes-Universiteit

Skool vir Taalonderwys, Vakgroep Afrikaans vir Onderwys, Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Rochelle Marais-Botha, Noordwes-Universiteit

Skool vir Taalonderwys, Vakgroep Afrikaans vir Onderwys, Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit, Suid-Afrika

Downloads

Published

2026-06-27

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels