Die verontreiniging van die menslike liggaam in perspektief

Defiling the human body in perspective

Authors

DOI:

https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.4273

Keywords:

verontreiniging, menslike liggaam, eerbied, tegno-wetenskap, COVID-19, “entstowwe”, nihilisme

Abstract

Dit waarskynlik nie moeilik vir ingeligte mense om die idee van “die verontreinigde liggaam” met sommige van die gebeure oor die afgelope ses jaar in die wêreld te verbind nie. Groeiende wetenskaplike getuienis dui daarop dat die veronderstelde COVID-19- “entstowwe” mikroskopiese voorwerpe bevat wat die menslike liggaam kwalitatief omvorm tot iets wat dit nie vóór die toediening van die inspuiting was nie. Hierdie verreikende gebeure kontrasteer drasties met houdings teenoor die menslike liggaam in die verre verlede, wat die historiese konteks voorsien om tydgenootlike ontwikkelinge beter te begryp. Hierdie konteks dateer terug na die 14de eeu, toe die pous ’n dekreet (bul) uitgereik het wat tydens die kruistogte ’n verbod op die opsny van ’n gesneuwelde soldaat se liggaam geplaas het omdat dit teenstrydig was met die Katolieke Kerk se sakramente, waarvolgens die mens se liggaam as heilig beskou is. Daarbenewens het twee vroeë anatome van die tyd, Mundinus en Vigevano, eweneens geweier om lyke oop te sny vanweë hul eerbied vir die menslike liggaam, al het die Kerk nie wat die anatomie betref so iets verbied nie. In teenstelling met die Middeleeuse opvatting, wat die verontreiniging van die liggaam verwerp het, is daar tans steeds toenemende getuienis dat sodanige verontreiniging reeds geruime tyd aan die gang is, spesifiek in die vorm van die tegnowetenskaplike konstruksie van die sogenaamd “nuwe koronavirus” – wat demonstreerbaar geen natuurlike entiteit is nie – asook, nog erger, van (veral) die mRNA pseudo-entstowwe, wat gedeeltelik bioties, gedeeltelik tegnies van aard is.

Vir diegene wat oningelig is, mag dit na Grieks klink, dog die bewyse hiervoor is in die vorm van patente deur dapper verklikkers aan die lig gebring. Bowendien bring meer en meer wetenskaplike studies in Emosiebelaaide woord tydskrifte aan die lig dat die uitwerking van hierdie substansies, wat in biljoene mense se liggame gespuit is, verreikend van aard is op ’n negatiewe manier. Die gevolge wissel van ernstige patologiese simptome tot sterftes. Daar word na hierdie studies verwys daaruit aangehaal, en dit wat nou in die openbare ruimte toeganklik is, word onder die loep geneem en bespreek, deur byvoorbeeld te wys op die mediaonder drukking van gegewens oor die toenemende sterftes onder diegene wat goedertrou die “inspuiting” aanvaar het. ’n Belangrike aspek van die argument fokus op die vraag wat die moontlike motivering was/is vir die afkeurenswaardige aanslag teen die mensdom via tegnowetenskaplike middele. Om hierdie vraag te beantwoord, word daar uitvoerig aandag gegee aan twee heuristiese bronne: Habermas se teorie van die drie uiteenlopende “belange” wat onderliggend is aan drie verskillende groepe wetenskappe, en wat die voorheen aanvaarde opvatting dat wetenskapsbeoefening “neutraal” of “waardevry” is die nek omdraai. Tweedens word Lacan se psigoanalitiese teorie van “die vier diskoerse” onder die loep geneem, wat eweneens aan die lig bring dat taal, vir sover dit onvermydelik die een of ander soort mag bevorder, nie “onskuldig” is nie. Teen hierdie agtergrond kan verstaan word op watter gronde die grootskaalse (poging tot) mensemoord wat in 2020 kop uitgesteek het ontkiem en gegroei het. Op die keper beskou, is dit ’n manifestering van radikale nihilisme, wat met woord en daad teengestaan moet word.

Author Biography

Bert Olivier, Universiteit van die Vrystaat

Departement Filosofie en Klassieke Kultuur, Universiteit van die Vrystaat, Suid-Afrika

Downloads

Published

2026-06-27

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels