Taal en tongval

Authors

DOI:

https://doi.org/10.17159/TGW.2026.66.1.4322

Abstract

Die welbekende metafoor van NP van Wyk Louw wat Afrikaans voorstel as ’n instrument waarmee wondere verrig kan word, word vir die doel van hierdie rubriek met erkenning benut om die storie te vertel van hoe die taal as so ’n instrument kon ontwikkel, en hoe dié instrument onderhou moet en kan word. In die proses wil ek ook afloer by ander tale, en veral hoe tale in dieselfde geografiese ruimte saambestaan, en die gevolge daarvan op die uiteindelike vorm daarvan. Om die bespreking te struktureer, sal ek telkens ’n vraag of twee aan die orde stel en dit dan probeer beantwoord.

Author Biography

Ernst F Kotzé, Nelson Mandela-Universiteit

Emeritus-professor, Nelson Mandela-Universiteit, Gqeberha, Suid-Afrika

Downloads

Published

2026-03-31

Issue

Section

Taalrubriek