Nie die einde van die wêreld nie: Eskatologie en tyd in Levinas
Not the end of the world: Eschatology and time in Levinas
Keywords:
Levinas, etiese metafisika, etiek, Self, Ander, alteriteit, etiese verantwoordelikheid, eskatologie, tyd, diachronie, spoor, ipseïteit, illeïteitAbstract
In hierdie essay word die plek van eskatologie in Levinas se tydsbegrip krities onder die loep geneem. Daar word aangevoer dat Levinas se nadruklike aandrang in Totalité et infini (1961), naamlik dat eskatologie etiese verantwoordelikheid fasiliteer, nie onafhanklik van sy konseptualisering van tyd verstaan kan word nie. Eskatologie in Levinas is nie die leer van die laaste dinge nie, maar die verklaring wat Levinas bied vir hoe ’n etiek van alteriteit daartoe in staat is om die mensdom teen die geweld van berekende rede en die druk van politiek en oorlog te beskerm. Hoe eskatologie presies hierin slaag, word uiteengesit aan die hand van Levinas se oorspronklike analises van die vorms en werk van tyd.