Geloofshulpbronne wat kinders kan help floreer as hulle ouers hul werk verloor

Faith-based resources that can help children to thrive in their daily lives following their parents' job loss

Authors

  • Suné Lambrechts Noordwes-Universiteit
  • Hannelie Yates Noordwes-Universiteit
  • Manitza Kotzé Noordwes-Universiteit

Keywords:

Covid-19, florering, geloofshulpbronne, godsdiens, jeugbediening, kinders, sosiale ondersteuning, tieners, veerkragtigheid, werksverlies

Abstract

Die Covid-19-pandemie het ’n groot effek op mense se gesondheid sowel as hulle ekonomiese stabiliteit gehad. Talle beperkings is ingestel om die verspreiding van die virus te beperk. In Suid-Afrika was een van die beperkings ’n n asionale inperking wat veroorsaak het dat die meeste mense nie werk toe kon gaan nie. Dit het daartoe gelei dat talle mense hul werk verloor het. Baie van die mense was ouers. Ouers se werksverlies affekteer nie net hulself nie, maar ook hul kinders. Daar is verskeie maniere waarop ouers se werksverlies kinders negatief kan beïnvloed. Praktiese teologie is ’n studieveld wat met gevalle soos dié werk. Daarom is die doel van hierdie artikel om, vanuit die perspektief van die praktiese teologiese te wys hoe gemeentelike kinderbediening gebruik kan word om geloofshulpbronne in kinders se lewens in te bou sodat hulle van hul omstandighede (ouers se werksverlies) kan sinmaak en ten spyte van hul omstandighede sal kan floreer.

Author Biographies

Suné Lambrechts, Noordwes-Universiteit

Navorsingsgenoot, Eenheid vir Reformatoriese Teologie en die Ontwikkeling van die SA Samelewing, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit,  Vanderbijlpark, Suid-Afrika

Hannelie Yates, Noordwes-Universiteit

Eenheid vir Reformatoriese Teologie en die Ontwikkeling van die SA Samelewing, Fakulteit Teologie,  Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Manitza Kotzé, Noordwes-Universiteit

Dogmatiek en Etiek, Eenheid vir Reformatoriese Teologie en die Ontwikkeling van die SA Samelewing, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-06-28

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels