Redakteursnota

Authors

  • Ina Wolfaardt-Gräbe

Abstract

Theo du Plessis verwys met waardering na Anel Becker en Ernest van Eyck (Desember 2023:737-755) se vergelykende lees van opvattings oor “die ander” in sowel die Evangelie van Lukas as die leerstellinge van die Joodse fi losoof Emmanuel Lévinas. As non-teoloog vind Du Plessis dit interessant dat sowel Jesus (Yeshua) as Lévinas geskoold was in die Tora en die Talmoed. Hulle ooreenstemming in opvattings oor en optrede teenoor “die ander” spruit vir hom uit die “vertolking van die geskrewe Tora (van liefde en bevryding) teenoor die Fariseërs se vertolking van die mondelinge Tora van reëls en voorskrifte” (p. 341).

Author Biography

Ina Wolfaardt-Gräbe

Redakteur: Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Downloads

Published

2024-06-28

Issue

Section

Aktueel