Blackface op die Afrikaanse verhoog: ’n Teaterhistoriese oorsig

Blackface on the Afrikaans stage: A theatre historical overview

Authors

  • Marisa Keuris Universiteit van Suid-Afrika

Keywords:

Blackface, brownface, vroeë-Afrikaanse teater, minstreel-tradisie, koloniale teater, 1960’s tot laat-1970’s Afrikaanse teater

Abstract

Die fokus in hierdie teaterhistoriese bespreking is op die gebruik en voorkoms van black- en brownface op die Afrikaanse verhoog. Twee tydperke word bespreek, naamlik (1) die vroeë Afrikaanse toneel (laat-19de eeu tot vroeë-20ste eeu), asook (2) die 1960’s tot laat-1970’s.

Die vroeë Afrikaanse toneel sluit tot ’n mate aan by die vroeë Engelse toneel in Suid-Afrika wat ook ’n bepaalde rasideologie weerspieël het deur middel van die algemene gebruik van black- en brownface op die Suid-Afrikaanse verhoog van die 19de eeu. Hierdie gebruik het sy oorsprong in die minstreel-tradisie wat via Amerika na Engeland en uiteindelik ook na Suid-Afrika gebring is. Die gebruik word gesien as tekenend van ’n bepaalde rasideologie wat die breër koloniale toneel van die 19de eeu (Amerika, Engeland, Kanada, Australië, Indonesië, en ander lande) onderlê het, naamlik een wat ’n hiërargiese onderskeid tussen die onderskeie rasse gepropageer het waarin swart (en bruin mense) as ondergeskik tot blankes beskou is.

Terwyl die gebruik van black- en brownface meestal verdwyn het van die Engelse Suid-Afrikaanse verhoë teen die laat 1940’s, vind ons in die 1960’s tot laat-1970’s die ironiese situasie by die staatsgesteunde streeksrade (veral TRUK, SUKOVS en KRUIK) dat ’n verskeidenheid van rassewette veroorsaak dat blanke akteurs steeds swart/bruin karakters uitbeeld in black- en brownface. Eers met die skrapping van hierdie wette kon swart en bruin akteurs hierdie rolle vertolk en verdwyn die gebruik van black- en brownface ook op Afrikaanse verhoë.

Author Biography

Marisa Keuris, Universiteit van Suid-Afrika

Navorsingsgenoot: Departement Afrikaans en Algemene, Literatuurwetenskap, Fakulteit Geesteswetenskappe, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria, Suid-Afrika

Downloads

Published

2024-09-28

Issue

Section

Navorsings- en oorsigartikels